VOORWAARDES VIR DIE VERKRYGING VAN TOESTEMMING OM 'N BESNYDING
TE DOEN
Bewys moet in die vorm van 'n geboortesertifikaat of 'n identiteitsdokument gelewer word dat die voornemende ingewyde ten opsigte van wie toestemming gevra word is ten minste 18 jaar oud, of indien die ouers van die ingewyde dit spesifiek versoek, is van voorgeskrewe ouderdom.
Ouerlike toestemming moet verkry word ten opsigte van 'n voornemende ingewyde wat onder 18 jaar oud is.
n Voornemende ingewyde moet voor die besnyding 'n mediese ondersoek ondergaan wat deur 'n mediese praktisyn of primêre gesondheidsorg verpleegkundige uitgevoer word. Die mediese sertifikaat moet aandui of die voornemende ingewyde geskik is om besnyding te ondergaan, op grond van die ondersoek deur die mediese praktisyn wat onder andere die voornemende ingewyde se mediese geskiedenis moet oorweeg.
n Tradisionele snydokter wat 'n besnyding moet uitvoer binne 'n gebied wat onder 'n tradisionele owerheid val, moet die betrokke tradisionele owerheid daarvan in kennis stel.
Waar 'n tradisionele snydokter nie aan die nodige voorgeskrewe vereistes voldoen om 'n besnyding te doen nie, moet hy dit onder die toesig van 'n ervare tradisionele snydokter uitvoer.
n Instrument wat gebruik word om 'n besnyding op 'n ingewyde uit te voer nie, moet nie gebruik word om 'n besnyding op 'n ander ingewyde uit te voer.
Die tradisionele snydokter moet die instrumente gebruik wat deur die Distrik Mediese Beampte voorsien of voorgeskryf word waar die tradisionele snydokter meer as een besnyding op meer as een ingewyde moet doen, maar nie oor genoeg instrumente beskik nie.
Die tradisionele snydokter moet die instrumente wat deur hom of haar gebruik word te alle tye skoon hou voordat 'n besnyding uitgevoer word, en moet 'n middel voorgeskryf deur 'n Distrik Mediese Beampte gebruik om die instrumente te steriliseer.
Die tradisionele snydokter moet te alle tye met die betrokke Distrik Mediese Beampte saamwerk ten opsigte van enige opdrag of besluit van die Distrik Mediese Beampte kragtens die bevoegdhede aan die Distrik Mediese Beampte deur die Wet verleen.
Die tradisionele snydokter moet 'n register hou wat die name van die ingewydes aandui, die datums wanneer hy of sy die ingewydes toegelaat het, wanneer die besnyding gedoen is, asook die datums wanneer die ingewydes hul verblyf by die Inisiasieskool voltooi het.
Onder geen omstandighede mag die tradisionele snydokter enige vorm van lyfstraf op die ingewydes toepas nie.
Die inhoud van hierdie Aanhangsel moet aan die ingewyde of sy ouers verduidelik word.
Ek, ..., tradisionele snydokter, aanvaar en gaan akkoord met die voorwaardes bedoel in Aanhangsel A en onderneem om binne een maand vanaf die datum hieronder die Distrik Mediese Beampte met bewyse te voorsien betreffende nakoming van die bovermelde voorwaardes.
Tradisionele snydokter
Naam ...
Datum ...
Ek, ..., Distrik Mediese Beampte, bevestig hiermee dat die voorwaardes bedoel in Aanhangsel A aan die tradisionele snydokter verduidelik is in die amptelike taal wat deur hom of haar verstaan word.
Distrik Mediese Beampte
Naam ...
Datum ...
VOORWAARDES VIR DIE VERKRYGING VAN TOESTEMMING OM 'N INISIASIESKOOL TE HOU OF OM INGEWYDES TE BEHANDEL
Die Distrik Mediese Beampte het die reg om 'n afwyking van die gebruik van tradisionele instrumente voor te skryf slegs in gevalle waar daar vroeë tekens van besmetting of ander soortgelyke gesondheidstoestande aanwesig is en om op die gebruik van chirurgiese instrument aan te dring.
Die Distrik Mediese Beampte moet deur die tradisionele snydokter toegelaat word om te eniger tyd die Inisiaskool te besoek en so gereeld as wat die Distrik Mediese Beampte dit nodig ag, ten einde die gesondheidstoestand van die ingewyde te inspekteer.
Die ingewyde moet, minstens vir die eerste agt dae ná die besnyding, deur die tradisionele snydokter toegelaat word om 'n redelike hoeveelheid water in te neem om te verhoed dat die ingewyde enige dehidrasie ondervind.
Die tradisionele snydokter moet nie 'n ingewyde aan enige gevaar of skadelike situasie blootstel en moet redelike sorg neem met die hou van die Inisiasieskool.
Die tradisionele snydokter moet enige teken van siekte by die ingewyde so spoedig moontlik by die Distrik Mediese Beampte aanmeld.
Die tradisonele snydokter moet gedurende die eerste agt dae van die inisiasieproses 24 uur per dag saam met die ingewyde deurbring, en na afloop van die eerste agt dae van die inisiasieproses, moet hy tot die ingewyde se beskikking wees, en sodanige stap kan dalk in toepaslike omstandighede 'n afwyking vanaf die tradisionele metodes behels.
Die Distrik Mediese Beampte is daarop geregtig om gedurende enige stadium van die inisiasieproses enige nuwe stappe voor te skryf wat hy of sy op redekike gronde nodig ag in die belang van die goeie gesondheid van die ingewyde, en sodanige stappe kan dalk in toepaslike omstandighede 'n afwyking vanaf die tradisionele metodes behels.
Die tradisionele snydokter moet te alle tye met die Distrik Mediese Beampte saamwerk ten oposigte van enige opdrag of besluit van die Distrik Mediese Beampte kragtens die bevoegdhede deur die wet verleen.
Ek, ..., tradisionele snydokter, aanvaar en gaan akkoord met die voorwaardes bedoel in Aanhangsel B en onderneem om binne een maand vanaf die datum hieronder die Distrik Mediese Beampte met bewyse te voorsien betreffende nakoming van die bovermelde voorwaardes.
Tradisionele snydokter
Naam ...
Datum ...
Ek, ..., Distrik Mediese Beampte, bevestig hiermee dat die voorwaardes bedoel in Aanhangsel B aan die tradisionele snydokter verduidelik is in die amptelike taal wat deur hom of haar verstaan word.
Distrik Mediese Beampte
Naam ...
Datum ...
OUERLIKE TOESTEMMING
Ek, ...,
Woonadres bevestig dat ek die ouer is van naam van voornemende ingewyde, wat die Inisiasieskool bywoon en 'n besnyding sal ondergaan;
erken dat ek die voorwaardes begryp vir die verkryging van toestemming vir die uitvoering van die besnyding en die voorwaardes vir die hou van 'n Inisiasieskool of vir die behandeling van ingewydes, welke voorwaardes die tradisionele snydokter bind; en stem toe dat my kind die Inisiasieskool mag bywoon en 'n besnydingsoperasie mag ondergaan.
HANDTEKENING VAN OUER
Naam ... Datum ...
GETUIES:
TOESTEMMING DEUR INGEWYDE
Ek, ...,
Woonadres bevestig dat ek, as Voornemende Ingewyde, die Inisiasieskool sal bywoon en 'n besnydingsoperasie sal ondergaan;
erken dat ek die voorwaardes begryp vir die verkryging van toestemming vir die uitvoering van die besnyding en die voorwaardes vir die hou van 'n Inisiasieskool of vir die behandeling van ingewydes, welke voorwaardes die tradisionele snydokter verbind; en stem in tot die bywoning van die Inisiasieskool en die besnyding.
HANDTEKENING VAN DIE VOORNEMENDE INGEWYDE
Naam ... Datum ...
GETUIES:
